Sussiekind

Ek skryf nie self iets die slag nie. Wil iets met julle deel van my meisiekind se blog... https://lensvanliesel.wordpress.com/2016/04/24/die-pienk-fles/ Groetnis

Advertisements

Trekkers

Pa Koot se eerste trekker was ’n 1947 Massey-Harris 44 ”Row Crop” met vyf en veertig perde uit sy vier silinder Continental petrol enjin. Ek onthou hoe Pa se oë geblink het wanneer hy vertel hoe die splinternuwe rooi masjien homself die eerste keer op Gouda staangemaak het.   Sy liefde het later geskuif na... Continue Reading →

Oupa Luke

Op sy oudag het oupa Luke nog mooi dik hare gehad met ’n krul en net so ’n effense sout en peper skynsel. Woensdagmiddae moes ons drie koshuiskinders by hom en stiefouma Bessie gaan kuier by die dorpshuis in Meyerstraat. Partykeer was daar koel, varsgeplukte druiwe uit die prieel maar ander kere net ‘n storie... Continue Reading →

Roosterkoek

'n Maer Suidwes Duitser, Gerhard, het my gewys hoe om roosterkoek te maak. Daar op die rand van die Namib na die aandwind sy lê gekry het en die laaste vlamme stil-stil plek gemaak het vir ’n dik laag rooi kole. ‘n Koue bier moes eers die week se sinkplaatpaaie gelykgemaak terwyl Gerhard sy foxie,... Continue Reading →

So bou mens herinneringe

Dis al langer as 'n maand vandat ek laas hier was. Op 'n Saterdagmiddag. Op daai dag het my Kabouterkind en haar nuwe liefde voor die kansel gestaan. Ek wou maar net sê, ek het toe gehuil. Gehuil van blydskap en sommer net...

My Kabouterkind

Vandag is jou troudag my Kabouterkind. Met jou arm by my ingehaak gaan ons vir oulaas saamstap. Af in die paadjie. Swewend en statig op die klanke van Liesel se viool. Ek en jy alleen... Dan gaan jy my arm los vir nuwe liefde met sy eie saamstap paadjies. Jy en hy alleen... En my... Continue Reading →

‘n Brief net vir my

Ek het vanoggend vroeg weer jou brief gelees. Geskryf met ‘n blou pen op sagte blou papier. Lank gelede. Van varsity na varsity. Van koshuis na koshuis. Net vir my. “... Kan jy glo, ‘n week gelede die tyd het ons nog saam gedans...” skryf jy. Ja ek onthou, soos gister, jou parfuum en nabyheid... Continue Reading →

Sterre-nag

  Ek wil weer een aand op my rug gaan lê en staar na die melkweg. Ek wil op sy blink baan gly, verby Orion, tot ek moet vasgryp aan die Suiderkruis om te keer dat ek afval en verdwyn in die donkerte onderkant die horison. Maar eers moet die maan gaan slaap, want sy... Continue Reading →

Sand en klip

Het jy al ooit ‘n woestynberg geklim? Ek het. Daar in die suide van Namibië waar bergveld knus teen woestynduin lê. Daar waar die oggendmis annerwêreldse spookbeelde optower en ‘n nat streep oor vlakte en sandduin los vir die dorstige woestynkinders. Daar waar die warmte van die oggendlig die mis opsuig sodat jy ver wes... Continue Reading →

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑