Vlamboom

Gouda se kersboom is ’n dooie, kandelaaragtige blomtak van die groot bergaalwyn uit Ouma Rhoda se dorpstuin. Pa Koot gaan haal die tak van die buitekamer se solder af en maak hom staan in ‘n blompot op die lessenaar in die sonkamer waar ma Hanna elke tak sorgvuldig in watte toewikkel. ”Verbeel julle dis sneeu”... Continue Reading →

Route 191, Wyoming

Route 191 suid van Yellowstone loop skuur-skuur verby die Grand Teton Nasionale park. Die plek is sommer net pragtig. Met koue, wit sneeu kolle op hulle toppe staan die groot berge met hulle voete in goue grasvelde en ysblou waterpoele, omsoom met geel herfsblare.  Grand Teton in vroeë herfs Suidwaarts verander die groen waterryke bergklowe met... Continue Reading →

Yellowstone

Ek en vroulief het in die weste van die VSA gaan rondloop van mooi plek tot mooier plek. 'n Kamera kan nie altyd vang en vertel hoe groots die mooi is nie, jy moet maar die prentjies inbrand in jou geheue vir die rondskuifel en sonsitdae wat aan die voorkant wink. Yellowstone het aan my... Continue Reading →

Trekkers

Pa Koot se eerste trekker was ’n 1947 Massey-Harris 44 ”Row Crop” met vyf en veertig perde uit sy vier silinder Continental petrol enjin. Ek onthou hoe Pa se oë geblink het wanneer hy vertel hoe die splinternuwe rooi masjien homself die eerste keer op Gouda staangemaak het.   Sy liefde het later geskuif na... Continue Reading →

Oupa Luke

Op sy oudag het oupa Luke nog mooi dik hare gehad met ’n krul en net so ’n effense sout en peper skynsel. Woensdagmiddae moes ons drie koshuiskinders by hom en stiefouma Bessie gaan kuier by die dorpshuis in Meyerstraat. Partykeer was daar koel, varsgeplukte druiwe uit die prieel maar ander kere net ‘n storie... Continue Reading →

Roosterkoek

'n Maer Suidwes Duitser, Gerhard, het my gewys hoe om roosterkoek te maak. Daar op die rand van die Namib na die aandwind sy lê gekry het en die laaste vlamme stil-stil plek gemaak het vir ’n dik laag rooi kole. ‘n Koue bier moes eers die week se sinkplaatpaaie gelykgemaak terwyl Gerhard sy foxie,... Continue Reading →

So bou mens herinneringe

Dis al langer as 'n maand vandat ek laas hier was. Op 'n Saterdagmiddag. Op daai dag het my Kabouterkind en haar nuwe liefde voor die kansel gestaan. Ek wou maar net sê, ek het toe gehuil. Gehuil van blydskap en sommer net...

My Kabouterkind

Kabouterkind Niens by Sossousvlei Vandag is jou troudag my Kabouterkind. Met jou arm by my ingehaak gaan ons vir oulaas saamstap. Af in die paadjie. Swewend en statig op die klanke van Liesel se viool. Ek en jy alleen... Dan gaan jy my arm los vir nuwe liefde met sy eie saamstap paadjies. Jy en... Continue Reading →

Blog at WordPress.com.

Up ↑